
=====================================================================
Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Ambassade reik kosbare CD uit

---------------------------------------------------------------------
Die veelsydige skrywer Hennie Aucamp bring 'n ongewone toevoeging tot die Afrikaanse kultuurerfenis onder die aandag.

DIE Suid-Afrikaanse ambassade in Den Haag, Nederland, het 'n laserskyf uitgereik vir verspreiding onder vriende van Suid-Afrika, getiteld 
Afstand en verbintenis. Die nommers op hierdie CD bestaan uit grepe uit toesprake en onderhoude, asook musiekuitvoerings en voordragte, 
almal afkomstig uit die ryk argief van Radio Nederland Wereldomroep. Die tema van die CD-program word deur sy titel gestel  die bande wat 
Suid-Afrika en Nederland bind, ondanks afstand.

Mnr. Carl Niehaus, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, het hier die inisiatief geneem en met behulp van omroepers en tegnici van 
Radio Nederland, asook met insette van mnr. Erik van den Bergh van Kairos (Ekonomiese Advies- en Inligtingsentrum, rakende Suid-Afrika) 'n 
unieke program saamgestel, met nommers wat op mekaar inspeel en mekaar soms ironies toelig.

Die Kaaps-Maleise musiekskat, wat so dikwels aanleun by Hollandse volksmusiek, bring spontaan 'n historiese perspektief, en ontlont 
terselfdertyd die swaartillendheid van drr. D.F. Malan en Willem Drees se afsonderlike redes, maar ernstige retoriek sou wel die styl van 
1952 gewees het.

'n Somberder inspeling kry jy as jy 'n onderhoud met hoofman Albert J. Luthuli, Nobel-pryswenner vir Vrede, jukstaponeer met 'n prosagedig 
van Adam Small.

Op die vraag wat Nederland vir die swart mense in hul stryd teen apartheid kan doen, het hoofman Luthuli ges dat die swart mense hul eie 
boontjies sal uitdop, maar as nagedagte voeg hy hieraan toe: Bid vir ons. Bid vir ons dat ons nie gaan haat nie, want as die wit man eendag 
besluit om die swart man lief te h, kan dit te laat wees.

Adam Small se "Klein simbool no. 20" is bykans 'n repliek op hoofman Luthuli se woorde. Di prosagedig, helaas feitlik onbekend, is 'n 
ontroerende variasie op 1 Korinthirs 13. Die liefde wat hier ter sprake is, is die liefde vir 'n land wat verongeluk word deur 'n 
politieke bestel. Wel voer "Klein simbool" verby politiek na 'n epifaniese oomblik, daar waar Small s: As kind het ek gehaat soos 'n kind, 
noudat ek 'n groot man is, het ek lief soos 'n kind.

Ook "Toemaar die Donker Man" van Ingrid Jonker, voortreflik getoonset en gelewer deur Laurika Rauch, ontwikkel onverwags politieke bowetone 
binne die konteks van Afstand en verbintenis.

Die gedigte wat deur hul skeppers gelees word, te wete Elisabeth Eybers, Breyten Breytenbach, Adam Small, Wilma Stockenstrm, Antjie Krog 
en Vernie February, klink buitengewoon helder, en maak opnuut 'n saak daarvoor uit dat posie gehoor wil word.

Die hoogtepunt van die CD  en duidelik so bedoel, want dit word laaste geplaas  is die redes wat koningin Beatrix en pres. Nelson Mandela 
gehou het op 11 Maart 1999 in die Paleis op die Dam, tydens 'n staatsbesoek van pres. Mandela. Koningin Beatrix praat aanvanklik 'n 
onberispelike Engels, maar sluit haar rede af in Nederlands. Pres. Mandela praat eweneens in Engels; dan, ten slotte, in Afrikaans. Hierdie 
twee hartversterkende redes is terselfdertyd 'n lofsang aan sosiale stylgevoel; dit laat iets sien van wat N.P. van Wyk Louw genoem het 
"die ligte, ligtende erns".

Naas Kaaps-Maleise musiek soos "Silverenvloed" (sic) en "Daar kom die Alibama" is daar ook talle voorbeelde van "swart" musiek  
tradisionele musiek, soos die immer bekoorlike "Qogothwane" (The Clicksong), township-musiek en geleentheidsmusiek. Natuurlik sing Miriam 
Makeba "The Clicksong".

'n Leemte waarvoor die samestellers van Afstand en verbintenis nie verantwoordelik gehou kan word nie, is die "wit" weergawes van etniese 
musiek, soos di van die Stellenbosse Universiteitskoor en Hugh Tracey en sy seuns; en di weergawes "kom van ver af" en het baanbrekende 
werk verrig.

Afstand en verbintenis word op sy omslag aangekondig as "Nederland-Zuid-Afrika: collage van 50 jaar radiogeskiedenis". Maar dit is ook 
geskiedenis sonder meer; 'n studie in "veelheid en binding", wat iets laat sien van Olive Schreiner se droom vir Suid-Afrika: 'n veelvoud 
van kulture wat mekaar vrugbaar benvloed. Hennie Aucamp, veelsydige skrywer, was een van die groepie Afrikaanse digters wat in Nederland 
Gerrit Komrij se bloemlesing, De Afrikaanse pozie in duizend en enige gedichten, bekend gestel het.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7223.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

